Dié tydskrif is 'n ideale gids vir elke tuisversierder. In die tweede uitgawe wys ons jou hoe om die beste te maak van 'n klein woonspasie. Ons fokus ook op kinderkamers, ootrekmateriaal vir meubels, vensterrame en kleur-kombinasies wat nooit uit die mode sal gaan. Ons leer jou ook hoe om 'n modegier in 'n dekor-idee vir jou huis te omskep en hoe om jou dekor-styl te identifiseer.